Algemeen -

Om te verlang…

Jak de Priester se Sally Williams Nougat vang verlange so goed vir my vas. Ek mis die Dinsdagaand movies by die Brooklyn mall…

In hierdie lewe sal ons seker altyd na iets verlang.

Na dinge wat was. Na mense wat nie meer so nou betrokke is by ons lewens nie. Na plekke wat ons nie meer (gereeld) sien nie.

Wat ons betref, broers, toe ons nog maar ‘n kort rukkie van julle geskei was – wel uit die oog, maar nie uit die hart nie – het ons so baie na julle verlang dat ons alles in ons vermoë gedoen het om julle weer te sien – 1 Thes. 2:17.

Verlange. Heimwee. “Wens ek was daar”.

Oomblikke van terugkyk op 'n tyd wat was.

Hans du Plessis skryf in sy gedig, Vir Magdaleen, die volgende oor verlange:

Geluk skryf die rympies
droefheid die gedig
jou nabyheid die versies
verlange die poësie

Vandag is ek dankbaar vir die feit dat dit al 'n jaar later is: dat ons al so goed aangepas is in ons nuwe omgewing. Dankbaar vir elke nuwe vriend en nuwe plekkie wat ontdek is.

Tóg sal ek maar altyd na sekere hartsgoed verlang.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close