Algemeen -

Om te wag

Wagtyd is deel van die lewe. Ons wag vir môre. Ons wag vir ʼn nuwe begin. Ons wag vir iemand om lief te hê. Ons wag vir ʼn beter geleentheid om op ons pad te kom. Ons wag vir ʼn sekere tyd van beproewing om verby te gaan.

Ons wag egter soms ons lewe om op iets wat dalk nooit gaan gebeur nie…

Intussen gaan vandag by ons verby.

Ons mis die mooi dinge wat rondom ons aangaan. Ons mis die geleenthede wat onder ons neuse is. Ons vergeet om pret te hê en te lag.

Vir sekere dinge moet mens maar wag – soos ʼn vrou wat op die geboorte van haar kind wag. Daardie wagtyd is ook nodig vir die kind om so lank as moontlik binne in haar te groei totdat die tyd reg is. Die boer moet wag vir die ryp word van die oes op die land.

Daar is ook iets mooi aan wag. Wag wat vol van hoop is. Wag wat uitsien. Wag wat geduldig is.

Wag is deel van die lewe. Dit is egter nodig dat ons altyd eerlik met onsself is oor waarop ons wag. As iets nie bedoel is om te wees nie, moet ons soms die krag vind om dit te laat gaan – al is dit hoe moeilik.

In ons wagtyd moet ons steeds aanhou om voluit te lewe van dag-tot-dag. Maak die beste van vandag.

  •  
  •  
  •  
  •  
Carina Bester Deur Carina Bester


Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close