Algemeen -

Ons kinders en tegnologie – skrikwekkende feite

Deur Mandy-Michelle Thackwray

Ek is een van die sogenaamde outydse ma’s wat nog nie toegelaat het dat haar elf-jarige 'n slimfoon kry nie. Iewers het ek egter ingegee en 'n tablet toegelaat sodat daar speletjies gespeel kan word, maar gelukkig het ek gou agterkom dat dit my kind buierig, passief en misluk maak. Die tablet is intussen baie diep weggebêre, en ons het weer vrede in die huis.

Dr Jean Twenge, outeur van iGen, doen al vir 25 jaar navorsing wat fokus op die impak van tegnologie op ons kinders se emosionele en sosiale welstand. Die resultate is skrikwekkend. Twenge se navorsing toon dat kinders meer tekens van depressie, angs en eensaamheid ervaar soos wat hul lewe al hoe meer deur tegnologie oorgeneem word. Hulle vind dit baie moeilik om met ander kinders te sosialiseer, en begin selfs meer en meer die behoefte aan sosiale interaksie verloor. Kinders slaap minder, en daar is ook 'n aansienlike toename in selfmoordsyfers. “Ons beleef tans die ergste geestesgesondheidskrisis in dekades,” het Twenge gesê.

Victoria Prooday, arbeidsterapeut en skrywer, beaam dat daar 'n stille tragedie is wat tans in ons huise ontwikkel, en dat dit ons kosbaarste besittings affekteer – ons kinders.

Die statistiek spreek volumes:

  • 1 in 5 kinders het geesteswelstandsprobleme.
  • Daar is 'n 43% toename in ADHD.
  • Daar is 'n 37% toename in tiener-depressie.
  • Daar is 'n 200% toename in die selfmoordtelling by kinders tussen die ouderdomme van 10 en 14 jaar.

Prooday is van die opinie dat ons kinders ontneem word van die grondbeginsels vir gesonde kinderjare, wat emosioneel beskikbare ouers, genoegsame tyd om buite te speel en kreatief te wees, en riglyne vir goeie gedrag insluit.

Die hoofoorsake van bogenoemde sluit die volgende in:

  • Ouers wat onbetrokke is of self afgelei word deur digitale toerusting;
  • Ouers wat skuldig voel en oorkompenseer deur kinders toe te laat om te doen wat hulle wil;
  • Kinders wat nie gemaan word om genoegsame slaap in te kry en reg te eet nie;
  • Daar word minder tyd as families saam in buitelug aktiwiteite spandeer
  • Tegnologie het die kinderoppassers van vandag geword, en ons as ouers het dit toegelaat.

Dis egter nog nie te laat nie. Ons weet wat ons moet doen. Sit alles af, praat meer, spandeer meer tyd saam, gee vir jou kinders take om te doen, en sorg dat jy weet wat jou kind se geestestoestand is. As ouer moet jy die voorbeeld stel, want ons as ouers het die krag om te help.

 

Bron: https://www.yourmodernfamily.com/scary-truth-whats-hurting-kids/

 

  • 60
  •  
  •  
  •  
Algemene Skrywer Deur Algemene Skrywer


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close