Algemeen -

Ons sal self

Dr. Dirk Hermann skryf

‘n Virus het die wêreld getref, klein en onsigbaar.

Trump noem dit die China-virus en ons noem dit Covid-19.

Ons is ingeperk. Eers drie weke, toe langer.

Maar ons laat ons nie inperk nie.

Ons sal self.

Die regering word ‘n bevelsraad

Hulle geniet die mag.

Jy mag oopmaak en jy nie.

Jy mag hulp kry, maar jy is wit.

Ons sal self.

Die regering wil die ekonomie beheer.

Sentrale beplanning toepas.

Die ekonomie laat hom nie beheer nie.

Werk betaal die prys.

Solidariteit is onverskrokke teen die virus,

maar onverskrokke vir die ekonomie en werk.

Ons kan nie meer op die staat staatmaak nie.

Ons sal self.

Solidariteit kondig ‘n werkherstelprogram aan.

Die grootse in sy 118-jaar bestaan.

R4,7 miljard word begroot vir hierdie grootste plan nog.

Die program staan op drie bene, werk, welvaart en opleiding.

Werk word in die werkplek herstel, gildes word gevestig,

rassediskriminasie word gepak en ‘n reuse-interaktiewe werkgemeenskap word gevorm. 

Nie net werk nie, maar die mens wat werk is belangrik.

Geestelike, emosionele, finansiële en fisiese welstand word na gekyk. 

‘n Gesonde mens kan self. 

Opleiding is die derde been. 

Ons leer vir onsself ‘n toekoms oop.

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum moet sorg vir wêreldklas Afrikaanse onderwys – nou en vir die toekoms.

Sol-Tech trek al in 2021 in hul kampus in. 

Bo-Karoo opleiding is die nuwe baba in die huis.

Akademia begin voltydse studente en bou ‘n nuwe kampus.

Arbeid, adel, werk maak sterk.

Ons bly, maar gaan nie stilbly of stilsit nie,

‘n Boer maak ‘n plan.

Ons sal self. 

Ons kort nie staatshulp nie, #OnsSalSelf. Raak deel van Solidariteit se oplossing. Indien jy die volledige werksherstelprogram wil aflaai SMS plan na 34802 (R1) en ons sal hom vir jou aanstuur.

  •  
  •  
  •  
Dr. Dirk Hermann Deur Dr. Dirk Hermann


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close