Nuus, Politiek -

Onthou jy nog daai fliek?

Kinders, kom ek vertel vir julle 'n storie. Dit is 'n storie van hoop, liefde en verraad. Die storie mag julle dalk in julle geskiedenisboeke lees, of dalk het julle selfs al daarvan gehoor as ons ou mense soms nog daarna verwys wanneer ons so nou en dan terugkyk na wat die lewe was en waar ons onsself nou bevind.

Hopelik ken julle steeds vir Hollywood soos ons dit onthou. Hopelik het dit steeds al die elemente waaraan ons aan verslaaf is en waaroor rolprentresensente steeds graag skryf.

So het ons ook 'n resensie om oor te praat. Dit handel oor 'n rolprent wat verskeie Oscars kon wen, en waarin 'n pragtige volwasse vrou verneuk en mishandel word deur een man. Die vrou probeer ontsnap uit sy kloue, maar die man klou net al stywer vas. Die vrou is stomgeslaan deur haar omstandighede. Sy verstaan nie hoe sy in hierdie situasie beland het nie. Hoe kon sy met 'n man trou en nege jaar met hom uithou terwyl sy deurentyd mishandel en verneuk is?

Daar is 'n bietjie drama, verwarring en selfs aksie wanneer die man se skelmpies wat van Indië afkomstig is, vasgetrek word omdat hulle die man aangemoedig het om owerspel te pleeg en deel was van sy komplot om die pragtige vrou nog verdere skade aan te doen. Die man se skelmpies wou hê hy moes die vrou sonder enige heenkome los, en hulle het saamgesweer om die ergste te vermag. Hulle wou haar op 'n wreedagtige wyse vermoor, kaalgestroop en alleen gelaat op 'n ashoop in Afrika.

Soos in enige goeie rolprent is daar 'n held wat die vrou in nood moet kom red. Die ironiese deel is dat ons nie eintlik seker is of ons held wel 'n ware held is nie. Hy kom slim voor in die fliek, hy het 'n deftige pakkie aan en sy voorkoms is soos dié van 'n James Bond-karakter, al is hy effe ouer. Hy praat mooi duidelik en het geen uiterlike tekortkominge nie. Dit lyk selfs of hy vriende in die regte plekke het. Hy kan jou by private partytjies inkry, en diamante direk uit die myn verkry. Hy is enige vrou se droom en bied al die dinge waarna sy smag – finansiële stabiliteit, volwassenheid en status.

Die skurk is nou weer presies soos jy sou verwag. Hy probeer jou met lang praatjies flous en verwar, en hy kry dit reg. Hy het nie veel van 'n opvoeding nie, en hy het ook nie 'n rits kwalifikasies agter sy naam wat 'n vrou kan beïndruk nie. Hy het 'n huis in die middel van nêrens sonder enige pragtige kenmerke. Daar is nie eens 'n blou swembad wat mooi kon lyk in die rolprent nie. Wat sy in die man gesien het, weet nugter.

Kinders, soos ek die storie aan julle skryf, ek in die hede en julle in die toekoms, wil ek julle tog aanraai om te leer om tussen fiksie en nie-fiksie te kan onderskei. Dit het so erg geraak in die hede dat my generasie nie meer seker is van wat eg is en wat nie eg is nie. Ons is deel van 'n samelewing waar dinge soos springmielies opgevreet word. Dinge kom vinnig tot stand en word weer vinnig afgebreek; die waarde van alles het verminder en is eintlik maar net stof op 'n skerm.

  • 17
  •  
  •  
  •  
Reon Janse van Rensburg Deur Reon Janse van Rensburg


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close