Algemeen -

Onverwags (en onverdiend)

Wanneer jy onverwags (en onverdiend) 'n kompliment kry, kan dit jou soms anders laat kyk na jouself.

As Ma en Vrou, voel ek gedurig of ek die heeltyd foute maak. Ek voel onvoldoende en onbenullig. Ek vang myself dikwels dat ek dink ek skiet te kort.

Een van my vriendinne het 'n goeie sê-ding waarmee sy haarself spot in so geval: Sy voel weer soos Ma van die jaar.

Oor die algemeen is ek iemand wat reguit is. Ek probeer my bes en ek gee my alles. Ek probeer positief bly waar ek kan, maar is baie realisties.

Om 'n ma te wees het maar sy moeilikhede. Om 'n werkende ma te wees soveel te meer. Om daardie balans te vind wat nét reg is, bly maar 'n ewige stryd.

Op 'n gewone oggend word ek wakker met 'n boodskap van ‘n vriendin op my foon wat sê:

“… As ek aan jou dink is ek dankbaar vir alles wat ek by jou geleer het oor eerlikheid en ma-wees. Ek is dankbaar vir die voorbeeld van vrou- en ma-wees wat jy stel…”

Sjoe. Praat sy van my?

Mens sien jouself mos nooit uit ander se oë nie. Jy kyk die dinge wat jy wel regkry, mis. Jy besef nie eers dat jy raad gee en lewenslesse vir ander leer nie. Jy gaan maar net jou normale gang.

My antwoord daarop was natuurlik iets soos: “Baie dankie. Mens voel partykeer ver van 'n voorbeeld af as jy aan jouself dink. Party dae is maar moeilik! Ek waardeer die woorde.”

Ons plaas só baie druk op onsself. Ons wil hierdie “perfekte” vrouens en ma’s wees. Ons wil alles “reg” doen. Ons sien onsself deur die wêreld se veroordelende oë en mis die dinge wat ons wel regkry en goed doen.

Vandag kon ek iets daarvan raaksien uit iemand anders se oë. Iemand wat nie met vooroordeel kyk en foutvinderig is nie.

So, gee daardie kompliment vir 'n vriendin of kollega wat dit verdien. Help haar om net weer te besef dat sy wel 'n goeie werk verrig. Al voel dit nie altyd so nie, sy tóg vir iemand 'n voorbeeld is.

Vriendin, dankie – jy sal nooit weet wat dit vanoggend vir my beteken het nie!

  • 10
  •  
  •  
  •  
Carina Bester Deur Carina Bester


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close