Politiek -

‘Pappa, waar gaan ek studeer?’

My dogtertjie het my verlede week verras met die vraag: “Pappa, waar gaan ek eendag studeer?”

Sy is deeglik bewus van die term “studeer” omdat ek self nog agter die boeke en skootrekenaars inskuif om myself deur verdere studies, tot groter nut van my gemeenskap, te ontwikkel en te verryk. Dit is 'n voorreg om dit te kan doen. Ek weet ook dat sy daarvan bewus is dat die huidige toedrag van sake op ons kampusse deesdae ’n sleutelaspek in grootmensgesprekke is.

Dit is te kompleks om dit breedvoerig aan haar te verduidelik.

Die hartseerste van alles is die feit dat akademici ’n logiese verklaring daarvoor probeer vind en probeer om sin te maak uit hierdie bevele en anargistiese optrede. Die probleem is dat hulle nie verstaan dat hierdie herrie baie dieper gewortel is as bloot 'n taal of 'n fooi wat moet val nie. Dit is revolusionêr in wese en kom neer op ’n totale afbreekproses om iets onregeerbaar te maak. Dié proses is so oud soos die berge.

Nou probeer universiteitsbesture om dit logies op te los deur nuttelose gesprekke te voer en gevaarlike toegewings te maak. Jy begeef jou net nog dieper die ystervarkgat in daar waar jy jou saam met Meneer Ystervark homself bevind. Hy het skerp penne en gaan jou steek –elke keer harder as die vorige keer.

Ek het my dogtertjie so gekyk en daar en dan besef dat sy eendag aan 'n alternatief vir die huidige universiteite gaan studeer en dié alternatief is Akademia. Hoe vinniger ons almal saam aan hierdie droom werk, hoe vinniger sal dit vir ander pappas se dogtertjies en seuntjies ook moontlik wees om hul grade aan hierdie nuwe baken van hoop te verwerf.

Almal klou vas, hoop dit waai oor en glo dit sal regkom. Die winde wat dit moet regwaai, het gaan lê. Ek is nie pessimisties nie; ek is net realisties. Daar is nie 'n ander keuse as die skepping van 'n alternatief soos Akademia nie. Ruggraatlose universiteitsbesture het ons met geen ander keuse gelaat nie.

Ek moet my diepe teleurstelling in die UP-bestuur uitspreek oor die opgee, toegee en die sluit van 'n universiteit – dit is niks anders as pateties nie.

So verneem ek toe die naweek: “The silent majority is the problem.” Voor ek oor die stilte van die meerderheid ontplof, gaan ek eerder droom oor Akademia, sy potensiaal en dit waarnatoe ons met die nuwe universiteit kan beweeg.

Help Solidariteit om aan die droom te bou! Skenk vandag R10 om planne vir Akademia te versnel.

SMS “BOU” na 38040 (R10/SMS)

  •  
  •  
  •  
Deur juran


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close