Algemeen -

Perspektief

Partykeer moet mens net weer die regte perspektief kry.

Soms raak jy so vasgevang in jou eie wêreldjie vol probleme. Dinge wat pla en dinge wat anders moet wees. Dinge wat eintlik onnodig is…

Besef weer wat jy het en tel jou seëninge. Word weer bewus van wat regtig saak maak en wat net ‘n bysaak is.

Ons as mense is so geneig om altyd in die hier en die nou vas te kyk. Ons wil kitsoplossings hê vir ons probleme. Ons wil hê alles moet dadelik gebeur. Ons wil hê dinge moet uitwerk soos wat ons besluit het dit moet.

Dit is nie hoe dit werk nie.

Meestal werk dinge op die ou end beter uit as wat ons dit vir onsself voorgestel het. Soms werk dinge glad nie uit nie maar ‘n ander deur gaan vir ons oop.

Daar is egter altyd iets om voor dankbaar te wees. Daar is altyd positiewe dinge in ons lewens waarin ons eerder moet vaskyk.

Daar is altyd hoop.

Hou vas aan die lewe!
Hou vas aan die hoop!
Hou vas aan God!
En op ‘n dag sal die lig weer begin skyn
– IL de Villiers

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close