Algemeen -

Praat minder en luister meer

Iemand het gesê: Ons het twee ore gekry om mee te luister, maar net een mond om mee te praat. Dus moet ons meer luister en minder praat.

Party mense het die kuns bemeester om oor hulleself te praat. Húlle probleme en húlle dag is al wat belangrik is. Hulle behoeftes en bemoeienisse is al wat saak maak.

Dit is so irriterend as iemand besig is om te gesels en 'n volgende persoon wag net tot hy/sy asem skep om met ’n lang relaas los te trek oor dieselfde onderwerp.

Ja, dit is so dat as iemand anders gesels, jy ook soms 'n soortgelyke ding oorgekom het en dat jy kan saampraat oor die saak. Wees net versigtig dat jy nie altyd die “groter en beter” weergawe het om te vertel nie. Gun elkeen hulle eie storie – dit is dalk nie so “erg” soos jou ervaring nie, maar vir hulle was dit tog ook 'n gebeurtenis wat hulle graag met jou wou deel. Sonder om (weer ’n keer) te hoor hoeveel erger jóú ondervinding was…

Meeste mense luister nie met die intensie om te verstaan nie; hulle luister met die intensie om terug te antwoord – Stephan R Covey.

Om te luister is die geheim om interessante stories te ontdek.

Wanneer laas het jy werklik geluister?

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close