My Gesondheid -

Rio 2016: Laat die spele begin

Rio

Met die Olimpiese Spele wat op Vrydag 5 Augustus 2016 afskop, is dit tyd om op hoogte te kom van ’n paar besonderhede oor hierdie opwindende geleentheid. As ’n persoon wat in die mediese voordele van ‘n aktiewe leefstyl belangstel, behoort die Olimpiese Spele jou op die punt van jou stoel te hou en jou te motiveer om ’n gesonder lewe te lei. Na beraming sal 380 000 toeskouers na die stadions Barra, Copacabana, Deodoro en Maracanã reis om die sportgebeure te ondersteun. Vind meer uit oor wat hulle te wagte kan wees!

 

In ’n neutedop: hierdie jaar se Olimpiese Spele bestaan uit 10 500 atlete van 206 lande wat deur die loop van 17 dae om die titel van een van 42 wêreldkampioenskappe meeding. Daarbenewens sal 4 350 atlete van 176 lande aan die Paralimpiese Spele deelneem om ’n kampioenskapstitel vir een van 23 verskillende sportkodes in te palm. Praat van ’n gesonde lewenstyl! ’n Ander hoogtepunt waarna ons kan uitsien is die herbekendstelling van gholf en rugby sewes in Augustus, terwyl parakanovaart en paradriekamp in September ’n debuut sal maak.

 

Die twee gelukbringers wat hierdie jaar by die spele vir vermaak sal sorg, is Vinicius (’n kleurvolle verteenwoordiging van die Brasiliaanse plantegroei) en Tom (’n fusie van die diverse Brasiliaanse plantlewe wat ’n konstante verandering van beweging voorstel om hindernisse te probeer oorkom). Hierdie prettige gelukbringers is ontwerp om ’n jonger gehoor, van ouderdom 5 tot 25, te teiken. Hulle is by hul eie TV-reeks geïnkorporeer en interaktiewe speletjies is op hulle persoonlike webwerwe geloods as deel van ’n bemarkingstrategie wat na raming 25% van die totale handelsware sal uitmaak.

 

Het jy geweet

 

  • Hierdie jaar is die eerste keer dat Olimpiërs wat in die jaar 2000 gebore is, verwelkom word – dis nou ’n milleniumverandering!
  • Die Olimpiese Spele sal vir die eerste keer in die geskiedenis ’n span van 10 vlugtelinge insluit wat onder die Olimpiese vlag en lied sal deelneem.
  • Op die ouderdom van 41 sal Oksana Chusovitina die oudste Olimpiër wees ooit wat by die spele aangesluit het. Sy hou ook die titel van die enigste vrou wat aan ses spele deelgeneem het en hou die rekord vir die meeste individuele medaljes (nege) in ’n enkele sportsoort in ’n wêreldkampioenskap.

 

Twee ongelooflik talentvolle hardlopers uit Afrika om voor uit te kyk by hierdie jaar se atletiek is die 18-jarige Salome Nyirarukundo van Rwanda en Jamaikaanse wêreldkampioen Usain ‘lightning’ Bolt. Nyirarukundo het ’n tyd van 31 minute en 45.82 sekondes aangeteken oor ’n afstand gelyk aan 10 kilometer, terwyl Bolt mik om weereens die wêreldrekord met sy spoed te breek. Bolt se dieet en gimroetine is nie so straf soos mens sou dink nie. Hy het in 2013 aan onderhoudvoerders verduidelik dat hy soms sukkel om homself te dwing om sy daaglikse roetine van een uur strawwe oefening te doen. Een uur klink nie soos baie nie, maar dit wys hoeveel beloning daar in genoeg toewyding en inspanning lê.

 

Ons kan nie almal wenners van goue medaljes by die Olimpiese Spele wees nie, maar ons kan almal begin om ’n gesonder leefstyl te handhaaf deur te draf, fiets te ry of te loop; ons moet net begin met daardie eerste stap.

  •  
  •  
  •  
cilleste Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close