Nuus -

Saint Zuma en die ANC hemel

 

Politici hou van beloftes maak.  President Zuma was ook nie links nie en het die volgende  die naweek belowe: “Wanneer jy vir die ANC stem, kies jy ook om hemel toe te gaan”.

 Almal behalwe die ANC was negatief oor die opmerking. ‘n Lang verduideliking is gegee oor wat Zuma eintlik bedoel het.

 

Die volgende kan egter aangeneem word. Die ANC hemel is nie op aarde nie. Of nie te vind vir die grootste gedeelte van die bevolking wat geteister word deur armoede en werkloosheid nie. Tog word president Zuma en die ANC geglo as hul verkiesingsbeloftes maak.

 Die vraag moet gevra word of die ANC hemel gevind gaan word in sosialisme, BEE, regstellende aksie, dreigemente van nasionalisering en grondonteiening. Die vrae ontlok 'n ekonomiese debat waarvoor die ANC op die oomblik die getroue belastingbetaler melk om sy ANC-kiesers te beloon met welsynstoelae om sodoende aan beheer te bly van die regering. Die stelsel is een groot parasiet op die oomblik.

 Daar gaan nie 'n ANC hemel wees as daar nie drasties nuwe werk geskep word nie. Zuma besef dit. Cosatu weet dit en die ANC weet dit. Nou speel hul maar solank die bal oor wat is die definisie van 'n volhoubare werk. Selfs ‘n nuwe R10 miljard fonds word geloods.  Daar is egter 'n skaaleffek betrokke. Hoe meer volhoubare werk jy skep, hoe minder mense gaan jy fisies in diens neem. En hiervan hou werklose mense nie. 'n Halwe werk is beter as geen werk.Die eerste party wat kole gaan kry is die arbeidsmakelaars. Daar word reeds lank gedreig dat hul verban sal word. Hulle is egter al so deel van die arbeidslandskap dat dit moeilik sal gaan.

Enige politieke party kan egter die visie hê om vir sy mense 'n beter toekoms te skep. Daar is egter 'n gaping tussen droom en doen. Dit wat jy belowe moet jy kan uitvoer. Jy moet ook die inkoop kry van jou volgelinge en ondersteuners. Hulle moet oor die vaardigheid beskik om die visie binne 'n raamwerk tot uitvoering te bring tot voordeel van die meerderheid van die bevolking (kiesers). Dit vra 'n bepaalde ingesteldheid. Die leierskap hier is: “servant leadership”. Die ANC noem dit Batho Pele.

Die ANC reaksie oor al die bohaai. Die opposisie is kinderagtig.

  •  
  •  
  •  
Reint Deur Reint


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close