Terwyl die meeste studente gedurende die somervakansie spore maak na verskillende gewilde vakansieplekke, is Sol-Tech se studente wêreldwyd hard aan die werk as deel van die praktiese opleiding wat hulle by dié tegniese kollege kry.

“Praktiese ondervinding in die werkplek is net so 'n integrale deel van Sol-Tech se opleidingsprogram as die teorie,” verduidelik Philip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech. “Om ervaring oorsee op te doen, is die geleentheid van 'n leeftyd,” voeg hy by.

Sowat 57 Sol-Tech-studente is vir hulle praktiese opleiding uitgeplaas na Madagaskar, Mosambiek en verskeie ander Afrika-lande en is hard aan die werk. “Dertien van ons studente is tans deel van 'n groep ambagsmanne van regoor die wêreld wat in Madagaskar by die oprigting van 'n aanleg van sowat 70 hektaar betrokke is. Daarbenewens is 24 studente besig met voorbereidingswerk aan panele wat in Mosambiek geïnstalleer moet word, terwyl nóg 20 ook panele in verskeie ander Afrika-lande gaan installeer,” sê Minnaar.

Ajani is die plasingsmaatskappy wat die plasing van Sol-Tech-studente behartig. Studente word twee keer per jaar in groepe by gasheerwerkgewers geplaas en elke uitplasing duur ongeveer ses maande. Studente moet tydstate oor hulle daaglikse aktiwiteite invul en aan die einde van elke week word dié tydstate deur gekwalifiseerde toesighouers afgeteken. Studente word betaal vir die tydperk wat hulle prakties opleiding aflê en gasheerwerkgewers kan deur die loop van die jaar kyk of die studente by die maatskappye aanpas en dan ná drie jaar besluit of hulle die studente permanent in diens wil neem.

  •  
  •  
  •  
Deur Moira Kloppers


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close