Humor is vir my seker een van die beste en mooiste gawes wat die Here vir die mensdom gegee het. Ek sou verseker nie 'n dag kon deurmaak as daar nie bietjie humor betrokke was nie, dit kikker nie net jou dag op nie, dit maak jou sommer positief vir die res van die dag.

 

So het ek ook gesien dat die media nie vergeet het dat humor een van hulle beste wapens vir verkope is nie. Behalwe vir Zappiro se spotprente wat nooit teleurstel nie het die voorblad van Beeld my soeke na die dag se humor sommer vinnige opgelos. Juju (Julius Malema) is weereens 'n grap.

 

Ek het my doodgelag toe die voorbladfoto se byskrif lees: Wat is fout met hierdie prentjie. En daar is arme Juju besig met die moeilikste taak wat hy in 'n lang tyd moes verrig. Hy lê 'n teel. En selfs dit kon hy nie reg doen nie.

 

Dit is algemeen om te sien dat mense 'n ou grappietjie maak oor iets wat eintlik baie erg of traumaties is vir hulle. Om nog 'n voorbeeld te noem, is toe hulle Oscar Pistorius, Oscar Pistoolius gedoop het na sy skietvoorval. Dit help mense om die aaklige nuus of swaarkry te verwerk.

 

Mag ons met humor die toestand van ons land opkikker vir tyd en wyl tot ons 'n reddingsplan kan maak vir 'n vry, veilig en voorspoedige Suid-Afrika.

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close