Algemeen -

Soos ‘n oogwink verby

Die lewe vlieg verby! Elke dag volg vinnig op die volgende, as ons weer sien is ons reeds weer klaar met ‘n volgende maand. Die jaar is al amper halfpad verby…

Dat jy vandag, nóú leef, is die enigste tyd waarvan jy seker kan wees. Hoe kan jy dit dan verspeel? – Schopenhauer.

Ek hoor so baie keer dat mense sê: “Ag, alweer Maandag…”, óf: “Ek wens dit was al Vrydag/naweek”.

Elke dag is ‘n geskenk wat ons ontvang – sonder dat ons dit verdien. Waarom wens ons die tyd verby?

‘n Mens behoort elke dag as ‘n afsonderlike stukkie lewe te beskou – Seneca.

Niemand weet presies hoe lank hul tydjie op aarde gaan wees nie. Die dood wag op ons elkeen.

Besef vandag weer opnuut hoe kortstondig die lewe is en leef voluit!

As jy iets wil doen, doen dit vandag.
Sê jy is jammer, wys nóú jy is lief vir iemand.
As jy rusie gemaak het, maak nou reg.
Moenie tyd mors nie.
– Daphne Fairly.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close