Algemeen -

Steun massaklagtoer na Europa

Stop rasmalheid en belastingplundery!

Solidariteit is van 24 September tot 10 Oktober 2021 op 'n uitgebreide Europese toer. In hierdie twee weke gaan sewe lande, vyf Europese parlemente, die Europese Unie, die Verenigde Nasies en die Internasionale Arbeidsorganisasie besoek word.

Massaklagte en mosies teen die rasmalheid van en belastingplundering deur die Suid-Afrikaanse regering gaan by die onderskeie parlemente en instellings ingedien word.

Dit gaan 'n reuse- internasionale protestoer wees.

Ek verklaar hiermee dat ek die massaklag en -mosies wat Solidariteit namens duisende Suid-Afrikaners gaan indien, steun:

  • Ek is 'n gewone Suid-Afrikaanse burger wat getrou my belasting betaal. Ek is moeg daarvoor dat my waarde geag word op grond van die kleur van my vel. Suid-Afrika se rasselaagtepunt was toe hulp op grond van ras tydens die Covid-19-pandemie toegeken is.
  • Ek is moeg vir die sistemiese korrupsie in die land en dat my belastinggeld daarvoor moet betaal.
  • Ek is ook moeg vir die negatiewe uitwerking van swak staatsbestuur en korrupsie op ekonomiese groei en internasionale beleggersvertroue.

Ter wille van almal in Suid-Afrika, internasionale beleggingsgeleenthede in Suid-Afrika en toerisme tot voordeel van reisigers en Suid-Afrika, doen ek 'n beroep op die internasionale gemeenskap om druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen om rasmalheid, korrupsie en belastingplundery te stop.

Steun Solidariteit se massaklag en -mosies, klik hier.

  •  
  •  
  •  
Dr. Dirk Hermann Deur Dr. Dirk Hermann


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close