Uncategorized @af -

Stil realiteit

Twee stil figure met geboë koppe langs ‘n hopie grond wat warm gebak word deur ‘n ongenaakbare Somer son. Die klein bossie blomme kon nie groter wees nie, want die kissie was te klein. Die seuntjie was te klein. Die seuntjie wat onder die hopie grond lê was te klein. En tog is hierdie hopie grond nou die realiteit. Die hopie grond moet op ‘n manier ‘n hopie HOOP word. ‘n Hopie MOED word. ‘n Hopie wat al die herinneringe en liefde en gedagtes van ‘n klein seuntjie moet naderhark sodat die hopie HOOP en MOED groter kan word. Want eendag, dalk eendag, gaan die twee stil figure weer hul koppe moet optel om na die son te kyk – al is dit langs die hopie grond.

  •  
  •  
  •  
  •  
Marisa Engelbrecht Deur Marisa Engelbrecht


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close