Algemeen -

Stop die rasmalheid

Ek sit hier in my hand met die konsepklag vir die Verenigde Nasies oor die regering se rasmalheid. Ons beplan om in Junie vanjaar in te dien en wat ons nou doen is om die klag aan te vul deur duisende mense se stories in te samel en honderde duisende mense se steun te kry. Ons het regte mense se stories en baie mense se steun nodig vir ’n suksesvolle klag. Jy kan help om die klag suksesvol te maak. Intussen veg ons ook in die Suid-Afrikaanse howe voort teen die regering se rasmalheid. In die volgende drie weke gaan ons besig wees met vyf regsprosesse teen die regering. Ons veg nog steeds die rasmal besluit om hulp in die pandemie op grond van ras te gee. Ons lewer kommentaar op twee stukke wetgewing wat rasmaller wil word. Ons veg verder vir Annemarie Oosthuizen wat valslik daarvan beskuldig is dat sy die k-woord gebruik het. Ons veg vir ’n netbalafrigter wat – hoor nou mooi – te veel swart spelers op die baan gehad het – rasmal.

Elke geslag het ’n tyd waar hulle nee moet sê. ’n Tyd van stryd. Dis nou ons tyd. Ons mag nie toelaat dat rasmalheid normaal gemaak word. Dit is nie normaal nie. Sê daarom saam met ons nee!

Gaan besoek ons webbladsy www.solidariteit.co.za en vertel jou rasstorie en/of gee jou steun vir ons massaklag by die Verenigde Nasies.

Hierdie twak moet stop.

 

  •  
  •  
  •  
Avatar Deur Lize-Mari Labuschagne


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close