Algemeen -

Suid-Afrika moet dié Kersseisoen ʼn blaaskans neem

Ek sit en wag in Autohaus Centurion om my motor gereed te kry vir die lang pad see toe.  Ek hou die mense dop; dis ’n winkelgroep wat Suid-Afrika mooi verteenwoordig.  Almal werk doelgerig saam, almal glimlag, almal is mekaar goedgesind en almal kom oor die weg.  Ek het lank genoeg gesit om die gevoel te kry dat hulle nie die chaos op sosiale media verteenwoordig nie, maar die breër middelgrond van die gewone Suid-Afrikaner wat hard werk om hulle gesinne te ondersteun.

Dan keer ek terug na my skootrekenaar om te kyk wat in die media aangaan en die woelinge op sosiale media te monitor en daar kry ek nie die Autohaus-prentjie nie; ek kry haat, misdaad, geweld, bedrog, korrupsie en rassisme en ek voel hoe Suid-Afrika onder my sug.

Ek moedig almal aan om jouself hierdie Kersseisoen te omring met die goeie – hiermee bedoel ek nie ons moet naïef wees oor die negatiewe nie, maar almal het ʼn breuk nodig.  Kyk om jou rond waar jy jou ook al bevind en sien die Autohaus-groepe daarbuite – almal wat vry, veilig en voorspoedig saamwerk aan ’n beter Suid-Afrika.  Wees geduldig die seisoen, wees bedagsaam teenoor ander, wees goedgesind en wees rustig.

Rus jou hart, siel en verstand goed uit, want 2017 gaan sy eie uitdagings bring – maar dis eers dan.

Haal ʼn slag diep asem en vat ʼn blaaskans.

  •  
  •  
  •  
  •  
Juran van den Heever Deur Juran van den Heever


Leave a Reply

Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close