Algemeen -

Suinigheid

As daar een ding is wat ek nie kan hanteer nie, is dit wanneer mense suinig is. Suinig met hulle geld. Suinig met hulle tyd.

Ek is van mening dat mens eerder iets los, as om 'n afgewaterde weergawe daarvan te probeer aanpak.

Ek weet ons leef in moeilike tye waar elkeen sy sente moet omdraai om die einde van die maand te haal. Dit is nie waarvan ek praat nie.

Dit is wanneer mense genoeg het om te gee, maar net te suinig is. Baie keer is dit nie die rykste mense wat die vrygewigste is nie.

As kind het ek die storie van Charles Dickens: A Christmas Carol, baie geniet. Die karakter Ebenezer Scrooge is ‘n perfekte voorbeeld van ‘n baie suinige mens. Gelukkig het hy teen die einde wel verander.

Op die ou end maak rykdom jou nie warm nie. Jy sterf jou vriende af omdat hulle nie van jou suinigheid hou nie. Hulle raak moeg om te hoor jy het nie geld om saam met hulle dinge te doen nie. Ontvang mense gasvry en moenie afskeep nie – hulle sien dit raak.

In Afrikaans het ons 'n spreekwoord: So suinig soos 'n vrek. Daar is ook 'n idioom wat lui: As jy iets van hom wil hê sal jy dit moet afgoël (Hy is so suinig!)

Gee wat jy kan. Moenie spandabelrig wees nie – daar is niks fout daarmee om spaarsamig te wees nie. Dit is wanneer dit begin oorhel na suinigheid, wat dit nie meer aanvaarbaar is nie.

Ek hoor nou die dag 'n grappie oor suinigheid: Hy’s so suinig, hy kou drie dae lank aan 'n toffie.

Moenie met toe vuiste jou geldjies vasklem nie… Op die ou end is dit al wat jy gaan hê.

  •  
  •  
  •  
  •  
Carina Bester Deur Carina Bester


Top

Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close