images[3]

Jagseisoen is so te sê hier. Dit beteken 'n lekker wegbreeknaweek saam met die manne, of jou seun, biltong, droëwors en die kraakvars, koue lug van 'n winteroggend. Jag is 'n man-ding en meeste vroue sal hierdie sport nooit heeltemal verstaan nie, maar wanneer is die regte tyd om jou kind voor te stel aan 'n geweer en hierdie spesifieke soort sport?

Ek het al 'n paar rillerstories gehoor waar kinders ernstig beseer is omdat hulle 'n geweer hanteer het sonder ouertoesig. Meeste van die tyd probeer die kind 'n maatjie of gesinslid wys hoe die geweer werk en dan loop daar iets verkeerd. Ek weet ongelukke gebeur vinnig en maklik met grootmense ook, maar hoekom het die kind toegang tot die geweer sonder ouertoesig selfs al weet hy hoe dit werk?

Hierdie is moeilik vrae om te stel, want elke ongelik het sy eie unieke verduideliking en agtergrond van hoekom hulle toegang gehad het en hoe dit gebeur het. My groot vraag is wanneer is 'n kind eintlik, regtig, oud genoeg om te leer skiet met 'n geweer? Wanneer is hulle verantwoordelik genoeg om so 'n gevaarlike sport te leer?

Weereens is dit vir my 'n moeilike vraag om oor te dink want 'n kind wat op, byvoorbeeld, 'n plaas groot geword het, het baie meer blootstelling aan gewere, jag en teikenskiet as ander kinders. Maak dit hulle meer reg vir jag en skiet as ander kinders of nie? En jy mag dalk dink jou kind is verantwoordelik en verstaan ten volle hoekom 'n geweer nie 'n speelding is nie, maar dit is daardie split sekonde waar hulle besluit om net vinnig vir 'n maatjie te wys of gou self te probeer waar die ongeluk gebeur.

Ek is nie teen jag nie, in teen deel ek kom uit 'n familie wat graag gaan jag en ons biltong baie waardeer. Ek weet net nie wanneer ek eendag gemaklik gaan voel om my seuntjie 'n geweer te gee en te sê, gaan skiet maar teiken, nie.

 

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close