My ontbyt was vanoggend skaars afgesluk, of ‘n artikel in die Beeld trek aandag. Mnr. Malema het weer ‘n paar juweeltjies kwytgeraak.

‘Ek eet en woon in kapitalisme, maar ek baklei vir ons mense teen armoede. Ek sal nie jammer sê vir die lewe wat ek lei nie.”

en later sê hy oor die omstrede multimiljoenrandse huis wat die nuutste storm om sy kop laat uitbars het:

“ ’n Huis wat soveel kos om te bou, bestaan net in die verbeelding van verregse, kleingeestige en obsessiewe wit mense wat dink swart mense kan nie en moenie hul eie huise bou nie,”

Die rede vir die jongste uitbarsting? Malema het glo onlangs sy huis van R3,5 miljoen gesloop om ‘n nuwer, groter huis van ‘n geskatte waarde van R16 miljoen te bou. Die DA wou toe weet waar op dees aarde Malema, wat na bewering skaars R20 000 per maand verdien, die geld vir so ‘n paleis in die hande gekry het.

Malema wou seker nog altyd ‘n komediant geword het. Ek begin giggel oor die totale onkunde en onnoselheid wat duidelik blyk uit die res van die artikel.

Kan dit waar wees dat iemand doelbewus sulke belaglikhede uiter?

Intussen het ‘n kontrakteur gedreig om Beeld se fotograaf met klippe te bestook toe die koerant verder ondersoek wou instel en foto’s neem van die huis-debakel. En om alles te kroon, stel die wit man homself as Piet Retief bekend.

Dit moet ‘n komedie wees. Maar dit is beslis te veel vir ‘n nugter maag!

  •  
  •  
  •  
Deur Moira Kloppers


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close