Algemeen -

Tel daai seëninge

Is dit nie so dat mens soms net die negatiewe dinge in jou lewe raaksien nie? Jy hou aan tob oor alles wat verkeerd is. Jy fokus op die dinge wat jy wil hê eerder as om die dinge wat jy het te waardeer.

Die moeilikste rekenkunde om te bemeester is om te leer om jou seëninge te tel – Eric Hoffer.

Elkeen van ons het baie dinge om voor dankbaar te wees. Maak 'n lysie en jy sal sien dat die positiewe dinge die negatiewe dinge oorskadu.

Dit is altyd moontlik om dankbaar te wees vir wat ons ontvang, eerder as om te kla oor wat ons nié het nie. Een van die twee word 'n lewensgewoonte – Albert Einstein.

Partykeer moet mens eers iets verloor voor jy die waarde daarvan besef. Geen towerwoorde sal dit reg kan toor nie – die skok sal jou eers later tref…

Moenie te laat besef wat jy hét nie. Waardeer dit. Sien dit raak.

Wees in alles dankbaar... – 1 Thes. 5:18

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close