Tradisies

Koshuistradisies is die afgelope ruk erg in die spervuur. Ek het gedink hierdie oproer sou weer vinnig gaan lê soos dit gewoonlik maar doen. Almal maak 'n groot bohaai oor die tradisies en dan vergeet hulle weer so bietjie daarvan totdat die volgende, kamma, “skokkende” storie aan die lig kom.

Hierdie keer, met die PUK-debakel, lyk dit of die stryd nog lank nie verby is nie. Almal is omgeëllie, hetsy die studente, die PUK-bestuur, die media of die publiek. Daar is nog baie om uit te stryk voor hierdie onderwerp weer sal gaan lê.

Ek is van mening dat seker tradisies 'n baie goeie leerskool is. Ek was self 'n student op die PUK en ek sal nie een tradisie wat ek ook moes volg wou verander nie. Dit maak jou trots op jou koshuis en die universiteit waar jy studeer.

Meeste studente stap vars uit matriek by die universiteit in, jou kop is nog so bietjie magsdronk van “oudste” wees by jou ou hoërskool. Jy dink niemand gaan jou iets kan leer nie en jy is nou uit die huis wat beteken jy is vry om te maak nes jy wil. Dit werk in geen gemeenskap so nie, jy sal altyd verantwoordelikhede hê en almal begin onder en werk hulself op. Daardie is 'n bitter moeilike konsep om te leer sonder fisiese ervaring en die tradisies help om daardie baie belangrike lewensles te leer. Jy stap 'n volwasse mens uit universiteit, nie net omdat jy opgelei is nie maar omdat jy lewenswyshede geleer het in 'n veilige omgewing waar “die lewe” jou nog nie sal terug slaan as jy 'n fout begaan nie.

Lees gerus die menings van bekendes. Die artikel was onlangs op Maroela Media se Groot Debat geplaas.

Koshuistradisies: Bekendes se mening

Lees meer. Klik hier.

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close