Algemeen -

Tyd is te kosbaar om te verkwis

Partykeer gebeur daar dinge wat jou onmiddellik in jou spore tot stilstand ruk.

Die dood van ‘n klein kindjie het my weer laat besef: tyd is kosbaar. Jy weet nie hoe lank jou geliefdes vir jou geleen is, of hoe lank jy self die aarde gaan bewandel nie. Jy weet nie wat die toekoms inhou nie. Jy weet nie of daar ‘n “môre” gaan wees nie.

Ons neem so maklik dinge as vanselfsprekend aan.

Besef ons elke dag hoe bevoorreg ons is om ons geliefdes te hê? Gebruik ons die tyd oordeelkundig – of is alles net ‘n gejaag na wind?

Ons is so besig, haastig, gejaagd. Ons moet na “plekke” toe gaan en “mense” ontmoet. Ons het so baie “dinge” om te doen.

Maak ons genoeg tyd vir die mense wat ons liefhet? Die belangrikste mense in ons lewens word so maklik afgeskeep en moet êrens in ’n tydgleuf inpas in ons besige dag…

Tyd wat verby is, is vir altyd verby. Maak seker dat die regte dinge bo-aan jou prioriteitslys is.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close