Algemeen -

V-dag

Valentynsdag is vol rympies oor rosies en liefde. Alles is rooi en mooi. Dit is ‘n flikflooi-dag vol van mooi woorde en geskenkies.

Meeste mense is in vrolike luim. Almal het planne van wat hul gaan doen.

Tóg is daar diegene wat nog meer alleen voel op Valentynsdag omdat hulle nie daardie spesiale persoon in hul lewe het nie.

Volgens my moet ‘n mens elke dag jou geliefde spesiaal laat voel. Jy moet elke dag jou liefde uitleef en nie net een dag in die jaar moeite doen nie.

‘n Anonieme persoon het gesê:

Liefde is ‘n stille verstaan, ‘n wedersydse vertroue, ‘n deel met mekaar en vergifnis.
Dit is getrouheid deur goeie en slegte tye.
Dit is met minder as die perfekte tevrede en maak voorsiening vir menslike swakhede.
Dit is tevrede met die hede en het hoop vir die toekoms, maar dit broei nie oor die verlede nie.
Dit is ‘n daaglikse geskiedenis van irritasies, probleme, kompromieë, klein teleurstellings, groot oorwinnings en werk na gemeenskaplike doelstellings.
As jy liefde in jou lewe het, kan die liefde vergoed vir baie ander dinge waarin jy te kort skiet.
As jy die liefde nie het nie, kan jy alle ander dinge hê, maar dit sal nie genoeg wees nie.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close