Algemeen -

Verantwoordelikheid

Dit kom vir my voor asof daar al hoe minder mense is wat verantwoordelikheid neem vir hulle dade. Om verantwoordelik te wees, is ook nie meer die in-ding nie – maak net soos jy wil – dit is mos ‘n beter motto!

Bitter min ouers leer hulle kinders om verantwoordelik te wees. Alles word vir die kinders gedoen – van huiswerk, opsommings, kamer skoonmaak tot takies soos om vir die troeteldiere kos en water te gee. Kinders hoef nie enige bydrae te maak tot die huishouding nie, alles word vir hulle gedoen.

Hoe gaan die kinders ooit leer om enigiets vir hulleself te doen?

Dit is 'n bose kringloop…

Hulle word grootmense wat ook maar net alles los vir iemand anders.

Gee leiding aan ‘n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie – Spr. 22:6.

In die werkplek is daar deesdae baie mense wat nie veel werk doen nie. Hulle vat hulle tyd om dringende take af te handel en hulle moet heeltyd deur ander gehelp word omdat hulle nie eintlik weet hoe om die werk te doen nie. Kom dit egter by die prysgee, is hulle voor in die koor om die eer vir hulleself toe te eien.

Goeie mense het nie wette nodig om hulle verantwoordelikheid te leer nie, terwyl slegte mense ‘n weg sal vind om die wette – Plato.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close