Deur Francois Redelinghuys
Dit is van kardinale belang om jouself aanhoudend te verbeter en jou vaardighede te ontwikkel om sodoende in die werkplek vooruit te gaan. Hier is vyf wenke wat jou kan help om dit reg te kry:
1) Opleiding
Dit is baie belangrik om deurlopend professionele opleiding te kry sodat jy aan die jongste ontwikkelings en praktyke in jou veld blootgestel word.
2) Kry ’n mentor
Maak gebruik van ervare persone in jou veld om jou te mentor. Jy kan op hulle steun en sodoende kennis van onskatbare waarde van hulle verkry.
3) Lees motiverende boeke
Lees boeke wat jou inspireer en motiveer om beter as ’n blote werknemer te vaar. Hierdie boeke kan jou baie help om ’n positiewe ingesteldheid te hê en gesonde gewoontes aan te leer.
4) Verandering is soms nodig
Die pad na sukses is nie altyd liniêr nie. Partykeer sal dit jou loopbaan bevoordeel om ’n goeie skuif te maak. Dit help jou ook om nuwe vaardighede aan te leer en kennis op te doen.
5) Dink progressief
Maak gebruik van progressiewe denke om jou loopbaan te bevorder. Stel doelwitte op van waar jy wil wees en werk doelgerig daarheen.
Deur cilleste