Algemeen, Godsdiens -

Vertrou op die Here

Laat ons ons vertroue in God stel, en laat ons troos vind in die wete dat alles wel sal wees, as dit geskied volgens die wil van God. Want Hy weet die beste wat goed is vir ons tydelike én ewige welsyn – Mozart.

Ek hoor nou-die-dag hoe 'n ouer vrou vir iemand anders sê: “Die Here sal voorsien. Ek vertrou dit met my hele hart! Hy het my nog altyd gehelp en bygestaan in goeie en slegte tye.”

Wat 'n wonderlike getuienis!

Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is.
Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
– Psalm 37:3-5

Ons wil altyd met ons verstand oplossings soek vir ons probleme. In ons enigheid besluit ons dat die omstandighede “onmoontlik” nie kan verander nie. Die waarskynlikheid dat dinge sal verbeter “neig na nul”.

Só hou ons aan om ons vas te staar in die dinge wat rondom ons gebeur, in plaas daarvan om op te kyk en te glo; om te vertrou op God wat almagtig is.

Wanneer dinge onmoontlik lyk, kan ons seker weet: God kan ook die onmoontlike moontlik maak – Martin Luther.

Hou vas aan God se beloftes. Glo en vertrou dat dit ook vir jou bedoel is.

Soms kry ons wel antwoorde – maar dit is nie wat ons wou hoor nie. Soms wil ons self besluit wat die uitkoms moet wees… Die Here vra volkome vertroue.

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop – Spr. 3:5-6.

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close