Waaroor sal die mensdom tog nie nog oor kla nie. As daar nie iets opspraakwekkends is om oor kommentaar te lewer nie, begin hulle oor onbenullighede stof op skop.

 

Ek is so bly Saru het aangedui dat hulle nie eers kommentaar gaan lewer oor hierdie belaglike opmerking en eis nie. Well done Saru, daar is groter sake waaraan julle moet aandag gee eerder as die gekef oor onbenullighede.

 

Lees gerus Beeld se artikel hieroor:

 

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) sê hy gaan hoegenaamd nie kommentaar lewer op die striemende aanval wat Cosatu op hom gedoen het nie.

 

Cosatu het ’n beroep op Fikile Mbalula, minister van sport, gedoen om in te gryp by Saru, wat volgens die vakverbond steeds aan ’n “old boy’s club” van wit spelers voorkeur gee.

 

Hulle het selfs ’n dwarsklap vir Victor Matfield, die Springbok-kaptein, oor die skrumpet waarmee hy speel.

 

“Die span word steeds oorverteenwoordig deur wit spelers, ongeag die talle puik swart spelers wat daar is,” sê Cosatu in ’n verklaring.

 

“Wanneer jy kyk na Saterdag se wedstryd (teen Skotland in Port Elizabeth), is swart spelers wéér net in die laaste vyf minute speelkans gegee, toe die Springbokke reeds gemaklik voor was.

 

“Dit is omdat die afrigter (Heyneke Meyer) bang is dat die swart spelers die wit spelers gaan oorskadu,” lui die verklaring. Matfield het ook deurgeloop oor die kamoefleer-skrumpet waarmee hy in die toetse gespeel het.

 

Cosatu voer aan Matfield verontagsaam die uitwerking wat dit op swart mense kan hê en stel voor hy moet eerder ’n pet met die land se “nuwe nasionale simbole” dra

 

Die Bulle speel vanjaar in die Superrugby-kompetisie met kamoefleertruie en Matfield het tot dusver met sy Bulle-skrumpet vir die Bokke uitgedraf.

 

Cosatu meen dit beklemtoon die arrogansie van dié klub se wit spelers.

 

“Matfield wys dít openlik met die pet van die voormalige Suid-Afrikaanse onluste-eenheid (riot squad skull cap).”

 

Cosatu voer aan Matfield verontagsaam die uitwerking wat dit op swart mense kan hê en stel voor hy moet eerder ’n pet met die land se “nuwe nasionale simbole” dra.

 

Saru het gesê hy gaan nie by ’n politieke moddergooiery betrokke raak nie.

 

Cosatu het gesê die tyd het aangebreek dat die politieke leierskorps stappe doen om toe te sien dat die “old boys’ club” nie langer gepamperlang word nie.

 

“Selfs wanneer spelers die veld met ligte beserings verlaat, word hulle inderhaas teruggebring sodat die swart plaasvervangers nie ’n kans kry nie.”

 

Die vakbond meen ook Meyer word voorgehou as ’n afrigter wat die vorige Springbok-breier, Peter de Villiers, se brouwerk moet regstel, terwyl die teenoorgestelde waar is.

 

 

Mbalula kon nie Woensdag vir kommentaar bereik word nie.

 

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close