Vodacom se korporatiewe kleurverandering vanaf blou na rooi is heel gepas nadat Vodacom-klante die afgelope twee weke rooi sien oor groot netwerkprobleme. Die probleme het begin opduik op die Rica-sperdatum en aanvanklik het almal gedink die netwerkprobleme het iets daarmee te make. Later het Vodacom bekendgemaak dat die sabotasie van belangrike netwerklyne moontlik tot die probleme gelei het.

Ek is al vir tien jaar ‘n Vodacom-klant en het nog altyd geglo dat netwerkprobleme maar onder al die diensverskaffers plaasvind en dat dit nie juis ‘n verskil maak met wie jy besigheid doen nie. Ek is egter nou raadop. Eers het die sein by ons huis soos mis voor die son verdwyn en nou al die netwerkprobleme. ‘n Oproep na my broer wat vyf minute moes duur het naderhand in ‘n halfuur ontaard, want elke tien sekondes kan die een die ander nie meer hoor nie, of die lyn is net skielik af.

Waarheen nou? Met MTN het ons ‘n lelike bloutjie geloop met rekeninge wat dubbeld verhaal is en ek het nie en ek weet nie of Cell C juis beter gaan wees nie. Om alles te kroon, wil Telkom ook nie in ons omgewing telefoonlyne installeer nie as gevolg van herhaaldelike kabeldiefstal.

Dalk is my voorland maar rookseine??

  •  
  •  
  •  
Deur Moira Kloppers


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close