Algemeen, Politiek -

“Volksmoord? Nog nie nou nie.”

2018.06.12

Paul Maritz

Ek is moeg vir daaglikse dreigemente
dat ek stilletjies moet afstand doen
van al my hardverdiende sente
sodat ons uiteindelik kan versoen.

Ek is moeg vir daardie kwaai politikus
met die skeefgedraaide rooi beret
wat laggend veroorsaak haat en onrus
en sê volksmoord kom dalk nog vir my.

Ek is moeg daarvoor om bang te wees
vir die groen gras buite my veiligheidshek.

Ek is moeg daarvoor om te moet lees
hoe ek nie eintlik op hierdie plek moet wees.

Ek is moeg daarvoor dat mense soos ek
en my taal en my skool en ons digters
'n slaansak geword het in korruptes se plek
en die skuld dra namens slapende ministers.

Ek is regtig moeg daarvoor om te hoor
dat ek dankbaar moet wees dat ek lewe.
Dat ek vandag my lewe nie sal verloor
nie is normaal; ek is moeg daaroor gebewe.

  • 112
  •  
  •  
  •  
Paul Maritz Deur Paul Maritz


In die Media


BLF se boodskap is duidelik – Solidariteit versoek OVK om party te skrap


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close