Algemeen -

Waardeer wat jy het

Wanneer dit moeilik gaan met ons, is ons geneig om te besef wat ons gehad het. Dan besef ons die werklike waarde van dinge. Dan is ons spyt dat ons dit nie waardeer het nie.

As ons weer op ons voete is en alles gaan goed, vergeet ons weer maklik hoe dit was om dit nie te hê nie.

Gelukkige mense is nie hulle wat die meeste hét nie, maar hulle wat die meeste kan dankie sê – WJ Oehler.

Dink bietjie na oor al die dinge wat jy as vanselfsprekend aanvaar in jou lewe. Alles is genade. Alles is gawes wat ons onverdiend ontvang en wat net so maklik weer weggeneem kan word. Waardeer wat jy het: al die seën, voorspoed, geluk, vreugde, tyd, gesondheid en gawes.

Mag God van ons dankbare mense maak. Mense wat Hom raaksien in alles wat in ons lewens gebeur.

Wat ek is, is net genade.
Wat ek het, is net geleen.
– Koos du Plessis (Gebed)

  •  
  •  
  •  
Deur Carina Bester


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close