Nuus -

Wanneer mediums bots. Die Steve Hofmeyer gevalle studie.

Shout se voet. Ons staan by Steve.

Vrydag was die hele Suid-Afrika boos oor die bloedige teregstelling van Willemientjie Potgieter en haar gesin. Ek persoonlik het ondersoek ingestel of haar Ma Wilna nie ‘n Solidariteitlid is nie omdat sy by OVK in ‘n tak gewerk het as die bestuurder. Sy was ongelukkig nie ‘n lid nie en die vakbond kon Wilna en haar gesin dus nie begrawe as een van die vakbondvoordele nie.

Een van Solidariteit se groot vriende Steve Hofmeyer wat net die vorige dag hier by Solidariteit gekuier het en hom opnuut verbind het tot Afrika deur sy voetspore te giet vir die boek:   Basta! Ons voetspore is in Afrika. Op SABC2 nuus het Steve ook dan prontuit sy verbintenis uitgespreek tot Afrika.

Met die Potgieter moord het Steve die volgende op sy Facebookblad gesit:  “Ek weet nie hoe die wereld dink ons moet transformeer, integreer en ons vooroordele moet laat vaar en oulike verdraagsame Christene moet bly terwyl SWARTES ‘N WIT 3-JARIGE KIND IN DIE KOP KAN SKIET NIE. Jammer as ek die kleur beklemtoon, maar ek sukkel om daardie aaklige wittes op te spoor wat saans oor swartes se mure… klim en dit aan hulle kinders doen. Ek gaan al weer uiters bitter hierdie naweek in”.

Die Sowetan van Maandag het gesien hier is ‘n lekker storie en het dit groot op hul voorblad gesit en gemaak of Steve ‘n rassis is. Dit het gelei daartoe dat die organisasie Shout waarvan Steve 'n ambassadeur is hul in 'n mediaverklaring distansieer van die kommentaar en van Steve ‘n verduideliking eis anders mag hy dalk nie meer ‘n Shout ambassadeur wees nie.

Dit is hoe ver die spanning in die storielyn geskryf is. Aan Steve se kant is sy meer as 90 000 Facebookvriende. Steve is 'n vegter en aktivis en het in sy kort boodskap die gevoel van duisende wittes verwoord.

Hier het ons dus tradisionele drukmedia wat in die vorm van die Sowetan regter speel oor die nuwe media in 'n groot Facebookgroep wat kwansuis die sondaar was.  ‘n Nuusdiens soos Sapa het met reg gedink dit is nie nuuswaardig nie maar die SABC het die storie laat hardloop op hul radiostasie want dit is mos ‘n ster wat “gesondig” het.

Die koerant met sy massa sirkulasie het om self die reg gegee om oor Steve 'n oordeel te fel. Daarteen is Steve met sy Facebookgroep ‘n baie nouer medium met direkte interaksie waar twee rigting kommunikasie plaasvind waar Steve se vriende hul menings kan gee.  Hier is ook dan met die inskrywing 867 kommentare gemaak en 2276 vriende het hiervan gehou.

Beeld dra ook dan die Shout storie want dit is mos nou nuuswaardig dat daar spanning ingekom het.

My raad aan Steve. Jy het nie vir Shout nodig nie. Ons het hulle ook nie nodig nie.

My raad aan Steve se vriende. Staan by Steve. Dit is nie net hy wat gekritiseer word nie. Dit is ons almal. In die vakbondwêreld praat ons van die krag van die kollektief. Dit is nou sulke tyd. Steve het nou sy vriende nodig.

En aan al die duisende mense wat R20 vir die Shout liedjie se sms betaal het. Kry ‘n ander deuntjie. Shout het hul ware kleure gewys. Hulle wil geldmaak maar nie misdaad beveg nie.

  •  
  •  
  •  
Reint Deur Reint


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close