Hoop op en hou vas aan die goeie, want die slegte kom vanself

Dit is my oupa se wyse woorde. En dit is waar. Dit is so maklik om net die negatiewe en slegte in die lewe raak te sien. En dit is eintlik maar net ‘n gewoonte. ‘n Slegte een. Wanneer ‘n mens die televisie aanskakel, word die nuus oorheers deur slegte nuus. Goeie nuus haal nooit die nuus nie. En so het ons aangeleer om in ons eie lewens ook net die slegte dinge in ons lewens “nuuswaardigheid” te gee. G’n wonder elke tweede man op straat ly aan depressie nie!

Om waarlik ‘n gebalanseerde, positiewe mens te wees, moet ‘n mens ‘n punt daarvan maak om die positiewe dinge in jou lewe; die dinge waarvoor jy dankbaar kan wees; die dinge waarop jy kan hoop en waaraan jy kan vashou, meer nuuswaardigheid in jou lewe te gee as die negatiewe.

Die slegte kom regtig self. Niemand doen bewustelik iets omdat hulle wil hĂȘ daar moet iets slegs met hulle gebeur nie. Ons enigste verweer teen die slegte is om, wanneer die slegte te gebeur, aan die positiewe vas te hou wanneer ons reageer.

“Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie” (Rom. 12:21)

  •  
  •  
  •  
Deur Moira Kloppers


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close