Algemeen -

Wat weet ons van die wêreld, die verlede en van onsself?

In elke tydperk in die geskiedenis was daar pioniers wat aan die voorpunt van die ontwikkeling van nuwe kennis gestaan het. Pioniers was mense wat bereid was om die terra incognita, die onbekende wat voor hulle gelê het, aan te pak. Dit is die mense wat 'n reis begin sonder om te weet of dit in die regte rigting is. Wie sal weet as jy nie probeer nie? Dit is 'n vraag wat ons maklik aan iemand anders stel. Vra ons onsself dit genoeg af?

Die wêreld waarin ons leef word beskryf as 'n VUCA-wêreld, waar VUCA staan vir 'n wêreld wat onstabiel (Volatile), onvoorspelbaar (Unpredictable), ingewikkeld (Complex) en dubbelsinnig (Ambiguous) is. 'n Kombinasie van verskeie velde wat oor vakgebiede versprei is, het 'n ongekende invloed op die ontwikkeling van nuwe kennis. Hierdie kennis word teen 'n ongekende tempo en spoed ontwikkel. Hierdie nuwe kennis, tegnologie en ontwikkeling wat plaasvind, is bestem om 'n invloed op ons toekoms te hê. Dit het al so ver ontwikkel dat om nou te sê dat kunsmatige intelligensie (KI) 'n invloed op ons gáán hê, reeds te laat is want dit hét reeds 'n invloed op ons daaglikse lewe.

Die grootste deel van hierdie ontwikkeling strek tot voordeel van die wêreld waarin ons leef en werk. Volgens A.C. Grayling in sy boek The Frontiers of Knowledge: What we know about Science, History and the Mind word “onlangs” as 'n betekenisvolle term beskryf. Grayling verwys na die eerste waarneming van 'n subatomiese deeltjie, die elektron, wat J.J. Thomson in 1897 ontdek het. Die atomiese kern is in 1909 vir die eerste keer deur Hans Geiger en Ernest Marsden beskryf. Einstein se relatiwiteitsteorie is in 1905 gepubliseer en sy algemene teorie in 1915. Die “standaardmodel” van die atoom is egter eers in die jare sewentig van die vorige eeu wyd aanvaar en die bestaan van die Higgs-veld se sel is by voltooiing van die model in Julie 2012 aanvaar. Hierdie dinge is nou vir ons bekend, maar dit was in 'n stadium net hipotetiese aannames en aanduidings wat tot die ontdekking van die wetenskaplike atome gelei het.

Peter Schwartz beskryf kennis as die enigste welvaart wat vermeerder die oomblik wat jy dit deel. Die hipotetiese aanname dat die samestelling van alles uit kleiner materie bestaan het, is reeds deur die antieke Griekse filosowe gemaak. Sewentiende eeuse denkers soos Pierre Gassendi en Robert Boyle het gespekuleer oor “corpuscels” wat beskryf kan word as “klein liggame” wat die bestanddele van materie en gasse is. Die werklikheid is dus dat die werke van Thomson, Rutherford, Einstein en talle van die suksesvolle wetenskaplikes in die twintigste eeu nie sonder voorgangers soos Galileo, Newton en Faraday moontlik sou wees nie.

In die situasie waarin ons nou is en van wat ons van onsself weet, is kritiese denke een van die belangrikste vaardighede wat benodig word om suksesvol te wees. Kritiese denke word onder meer ontwikkel deur oor vakgebiede te lees wat nie noodwendig jou spesialisgebied is nie. Wetenskap was nog nooit een van my sterkpunte nie, maar The Greats on Leadership, wat deur Jocelyn Davis geskryf is, het my vir die eerste keer blootgestel aan leierskapidees wat oor 25 dekades strek.

Die skrywer kombineer klassieke literatuur, verandering en filosofie op 'n unieke en ongekende manier wat die belangrikheid beklemtoon om oor onderwerpe en vakgebiede te lees wat nie aan jou bekend is nie. Dit bevorder nie net jou denke nie, dit bring jou ook tot nuwe insigte wat op die regte tyd tot die ontwikkeling van nuwe kennis sal lei. Covid-19 kan as 'n katalisator vir verandering beskryf word en ek dink dit gaan 'n belangrike rol in kritiese denke speel. Konstante en voortgesette leer is nou een van die belangrikste aktiwiteite vir ons almal. Nuwe kennis wat nou ontwikkel danksy lees oor verskeie vakgebiede heen lê die grondslag van die toekoms wat die resultaat gaan wees van nuwe kennis wat nou ontwikkel.

  •  
  •  
  •  
Deur Higgs


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close