Jy is vars uit universiteit en worstel met die idee om jou sorgvrye studentelewe te verruil vir ’n nege-tot-vyf kantoorwerk.

Alhoewel dit ’n tyd is om te dink aan die lewe na mens se studies, hoef dit nie ’n meulsteen om jou nek te wees nie. Dit kan ’n lekker ondervinding wees wat talle uitdagings inhou. Om ’n werk te vind, en die regte een daarby, is twee verskillende dinge. As jy sukses met jou werksoektog wil behaal, moet jy daarop fokus om die regte pos te vind.

 

Hier is ’n paar wenke vir jou, om jou werksoektog op ’n soliede grondslag te begin.

 

’n Belangrike sleutel om te verseker dat jy die regte werk gaan kry, is om seker te maak jy spandeer die nodige tyd om jouself deeglik vir jou werksoektog voor te berei.

  1. Selfondersoek

Die grondslag van jou werksoektog is selfondersoek. Om jouself goed te bemark moet jy tyd afstaan om jouself te ontdek.  Hoe beter jy jouself ken, hoe beter sal jy daartoe in staat wees om ’n balans te handhaaf tussen dit waarna jy in ’n pos soek en dit waarna ’n werkgewer in jou soek. Wanneer jy selfondersoek instel, maak seker jy identifiseer jou vaardighede, talente, vermoëns, belangstellings, waardes, behoeftes en doelwitte, want dit sal jou help om werksgeleenthede te ontdek wat jou die beste sal pas.

  1. Identifiseer werkgewers

Na jy deeglike selfondersoek ingestel het, sal dit vir jou makliker wees om loopbaanopsies te identifiseer wat by jou vaardighede, belangstellings, waardes en persoonlikheid sal inpas.

  1. Bemark jouself

In jou werksoektog is daar twee baie belangrike bemarkingsinstrumente naamlik jou curriculum vitae (CV) en jou begeleidingsbrief. Dit is jou sleutel tot ’n onderhoud, daarom moet jou CV omvattend maar steeds kort en kragtig wees. Jou dekbrief kan jou CV van die ander CV’s op ’n werkgewer se kantoortafel onderskei. Dit bied aan jou ’n geleentheid om jou CV te verpersoonlik en 'n blywende indruk by die werkgewer te skep. Sodra jy genooi word vir ’n onderhoud, verskuif jou fokus. Jy weet jy word nou oorweeg, daarom moet jy jouself deeglik voorberei. Jou kwalifikasies en ondervinding op papier het hulle dalk gelok, maar jou persoonlikheid en die ontmoeting tussen julle, van aangesig tot aangesig, het ’n direkte impak op die werkgewer se besluit.

Om ’n werk te soek, is nie maklik nie en dit verg baie tyd. Jy moet net te alle tye seker maak die werkgewer weet wie jy is en wat jy kan doen, en al word jy teleurgestel as gevolg van 'n onsuksesvolle aansoek, moet jy nie toelaat dat dit jou ontmoedig nie.

  •  
  •  
  •  
Deur Wilmarie Brits


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close