Daar word gesê dat ’n prent boekdele spreek. Dit blyk egter dat sekere woorde meer as net boekdele spreek. Volgens www.lifehack.org kan die gebruik van net ’n paar “verkeerde” woorde tydens ’n onderhoud jou kanse om ’n werksaanbod te kry, aansienlik belemmer.

 

Woorde moet dus versigtig gekies word tydens onderhoude. Die webwerf verstrek ’n lys van die top-15 woorde wat ’n werkaansoeker nooit moet gebruik nie. Dié woorde is:

 

  1. ’m – Die oormatige gebruik van hierdie tussenwerpsel sal jou onbeholpe laat voorkom tydens ’n onderhoud.
  2. Sleng soos “orraait” – Die gebruik van sleng sal jou as onvolwasse laat voorkom.
  3. Haat – Weerhou jou daarvan      om uiting te gee aan jou wrewel teenoor vorige kollegas, werkgewers of trouens teenoor enigiemand anders.
  4. Vloekwoorde – hoort nie in enige onderhoud of professionele omgewing nie.
  5. Perfeksionis – Deur jouself as ’n perfeksionis te bestempel, sal dit net laat lyk of jy jou eie beuel blaas.
  6. Basies – Is jy, of is jy nie? Het jy of het jy nie? Moenie jou onderhoudvoerders laat raai nie.
  7. Ek – Die oormatige gebruik van die voornaamwoord “ek” sal jou egosentries laat lyk. Verwys eerder na jou suksesse as dít wat deur ’n hele span wat saamgewerk het om ’n gemeenskaplike doel te bereik, behaal is.
  8. Seker (“Sure”)– Die gebruik van woorde soos byvoorbeeld “seker” sal jou onseker van jouself laat voorkom.
  9. Wonderlik (“Amazing”) – Gebruik liewer volsinne om aan te toon dat jy positief oor ’n stelling is.
  10. Wat ook al (“Whatever”) – Deur sulke woorde te gebruik, lyk dit of jy onvolwasse is en asof jy afgesny is van die      realiteit en op die punt is om boedel oor te gee.
  11. Goed of goeters (“Stuff”) – Dié woord is heeltemal té informeel vir enige onderhoudsituasie. Die Engelse “stuff” kan boonop dubbelsinnig wees.
  12. Toegewyd – In die lig van die onstabiele arbeidsmark en die hoë werkloosheidkoers is almal deesdae toegewyd. Om jouself as “toegewyd” te beskryf geld nie meer as ’n onderskeidende kenmerk nie.
  13. Gemotiveerd – Net soos die woord “toegewyd” kan woorde soos “gemotiveerd” soos goedkoop verkoopspraatjies klink.
  14. Om te leer – Dis nie wys om te sê dat jy vir ’n pos aansoek doen “om te leer nie”. Jy moet aan jou onderhoudvoerder kan oordra hoe jy in staat is om ’n bydrae tot die maatskappy te lewer.
  15. Afgedank – Deur  blatant te noem dat jou vorige werkgewer jou afgedank het, sal jou onmiddellik      as ’n moeilikheidmaker of onbevoeg etiketteer. Indien die gesprek wel in dié rigting stuur, wees diplomaties en verduidelik hoe jy jouself verbeter het en dié gedrag, wat oorspronklik daartoe gelei het dat jy afgedank is, verander het.

 

 

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close