Geskryf deur Medihelp (Vir sakpas mediese dekking SMS “Solidariteit” na 32291)

 

Toe professor Chris Barnard in 1967 ’n hart in die Groote Schuur Hospitaal oorgeplant het, het dit die wêreld se siening van orgaanoorplanting vir altyd verander. Talle lewens is sedertdien deur orgaanoorplanting gered – jy kan trouens tot soveel as sewe lewens red deur net vir jou familie te sê dat jy ’n orgaanskenker wil wees.

 

Skenk lewe

Daar is duisende mense wat op ’n tweede kans wag. Jy kan dalk ’n kind help wat vir ’n lewer wag, of ’n dogtertjie wat graag wil kan sien, ’n brandslagoffer wat wag op vel om sy rou wonde te bedek, ’n brandweerman wat ’n nuwe hart nodig het. Die besluit om ’n orgaanskenker te word, is gratis – en daar is ook geen koste verbonde vir jou naasbestaandes na jou dood nie. Al wat jy moet doen, is om jou familie in kennis te stel van jou besluit, want hulle moet toestemming gee om jou organe te laat verwyder.

 

Wie kan daarby baat?

Daar is tans 4 300 mense wat vir orgaanoorplantings wag. Minder as 800 van hulle sal hierdie jaar die orgaan(e) kry wat hulle nodig het. Jou hart, niere, pankreas, lewer en longe kan gebruik word om vir ernstige siek mense ’n kans te gee om ’n langer en gesonder lewe te lei. Jy kan ook help deur weefsel soos korneas, hartkleppe, vel en been te skenk.

 

Wie kan ’n skenker word?

Enigeen jonger as 70 jaar wat redelike goeie gesondheid geniet, kwalifiseer. Alhoewel jy nie blakend gesond hoef te wees nie, word alle skenkers by hulle afsterwe geëvalueer. ’n Skenker moet nie aan kanker, diabetes, hepatitis of ’n aansteeklike siekte soos MIV/vigs ly nie.

 

Hoe word ek ’n skenker?

 

Jy kan jou besluit op enige van drie maniere bekend maak:

  1. Bespreek jou wens om ’n orgaanskenker te word met jou familie, en laat hulle weet hoe jy daaroor voel. Jy kan dit in jou testament inskryf, of in ’n skriftelike dokument bevestig wat deur twee getuies onderteken is, of jy kan jou wens mondelings uitspreek in die teenwoordigheid van twee bevoegde getuies. Indien jy nie jou wens om ’n skenker te wees bekend kan maak nie, kan jou naasbestaandes toestem dat jou organe na jou dood geskenk word.
  2. Kontak die Stigting vir Orgaanskenking – skakel die tolvrye nommer 0800 22 66 11. Hulle sal vir jou ’n orgaanskenkerskaart stuur wat jy in jou beursie kan hou en orgaanskenkersplakkers vir jou ID-boekie en rybewys.
  3. Kry ’n orgaanskenkersarmband, -hangertjie of -skyfie by Medic Alert. Skakel 0861 11 29 79 of besoek www.medicalert.co.za.

 

Twyfel jy steeds?

Met een onbaatsugtige besluit kan jy die lewens van tot sewe mense aanraak. Jy gee dus aan verskeie mense die geskenk van tyd saam met hulle geliefdes. Wat ‘n nalatenskap…

 

Registreer nou!

www.odf.org.za

0800 226611

 

Bronne:  www.odf.org.za, www.fairlady.com/lifestyle/health-fitness/how-to-become-an-organ-donor

 

Want die lewe gebeur – vir die goeie en slegte tye kry ‘n privaat mediese fonds vanaf R918 pm.  Vir meer inligting oor Medihelp se voordele opsies, SMS “Solidariteit” na 32291.

  •  
  •  
  •  
Deur cilleste


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close