Algemeen -

Word ons weerlose kinders reg beskerm?

Deur: Alexa Reinecke

Die regering se rol in die beskerming van ons kinders is die fokus van die Nasionale Kinderbeskermingsweek wat vandag landwyd afskop. Alle sektore in ons samelewing word gemobiliseer om kinderveiligheid te verseker. Jy word ook aangemoedig om die verwaarlosing of mishandeling van kinders aan te meld. Is die beskerming van ons kinders nie elke Suid-Afrikaner se verantwoordelikheid nie? Word elke Suid-Afrikaanse kind nie ook deur die Grondwet beskerm nie? Die regering is aan die een kant kampvegters vir mishandelde kinders, maar terselfdertyd skeppers van ’n mislukte en verswakkende stelsel vir weeskinders. As aannemings ook in die staat gevestig gaan word, sal dit die einde van aanneming en kinderbeskerming beteken.

 

Die wysgingswetsontwerp op die Kinderwet sal miljoene weeskinders se kans op aanneming verhinder. Volgens die wysigingswetsontwerp sal dit vir enige organisasie of professionele persoon soos maatskaplike werkers onwettig wees om geld te vra vir aannemings. Slegs maatskaplike werkers wat vir die staat werk, sal aannemings mag hanteer en daar is groot kommer of die departement van maatskaplike ontwikkeling die kostes van aannemings sal kan dra.

 

Al wat dit kan verhinder is ’n parlementêre proses tydens die sesde parlement se sitting wanneer die portefeuljekomitee oor die kwessie moet beslis.

 

Die motivering agter die wetsontwerp is glo dat aannemings nie as ’n besigheid bedryf moet word nie en daarom moet kinderbeskermingsdienste gratis wees. Kinders se spirituele- en kulturele bande moet ook volgens hulle beskerm word en daarom word daar klem geplaas op ander sorg opsies. Die departement verkies dus dat kwesbare kinders eerder altyd in pleegsorg bly of in hul oorspronklike familie gehou moet word. Dit in ruil vir ’n goeie stabiele huis en ’n kans op ’n beter toekoms vir daardie kindjie.

 

Indien hierdie wetsontwerp goedgekeur word sal die staat faal in sy plig om kinders te beskerm. Die staat sal weerlose babas en onskuldige kinders uitlewer aan ’n mislukte stelsel, waar hulle waarskynlik vasgevang sal wees in haglike omstandighede sonder die nodige ondersteuning, stabiliteit en finansiële bystand wat hulle andersins sou kon hê.

 

Die ANC wil aannemings met ’n ystervuis beheer en alle mag in die staat vestig. Hulle wil primêr die mag hê en sekondêr die probleem oplos. Ons sien dit in onderwys, gesondheidsorg, mynbou en elke ander ekonomiese en maatskaplike kwessie denkbaar.

 

Indien jy ’n maatskaplike werker is en soortgelyke gebeure wil voorkom, kan jy die gilde vir maatskaplike werkers sterker maak deur vandag nog aan te sluit en jou stem dik te maak.

 

Volg dié skakel: https://gildes.solidariteit.co.za/maatskaplike-werkers/

  • 71
  •  
  •  
Avatar Deur Alexa Reinecke


Registreer / Register

Oops! We could not locate your form.

Maak toe / Close